Die wêreld in foto’s – 20 Junie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pedro Sanchez, die Spaanse eerste minister, glimlag Woensdag ná sy aankoms vir sy eerste kabinetsbeheersessie as eerste minister in die Spaanse parlement in Madrid. (Foto: Andrea Comas, AP)

ʼn Vrou met ʼn baba stap oor ʼn voetgangerbrug oor ʼn snelweg tydens die 2018-Wêreldbekersokkertoernooi in Podolsk naby Moskou, Rusland. (Foto: Michael Probst, AP)

Indiese studente doen Woensdag joga voor die Internasionale Jogadag in Hyderabad, Indië. Internasionale Jogadag word op 21 Junie gevier. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

ʼn Sokkeraanhanger van Marokko poseer vir ʼn foto met sy aankoms voor die wedstryd tussen Portugal en Marokko by die Luzhniki-stadion in Moskou, Rusland, vir die 2018-Wêreldbekersokkertoernooi. (Foto: Felipe Dana, AP)

Pous Franciskus daag Woensdag by die St. Petrus-plein in die Vatikaanstad op vir sy weeklikse oudiënsie. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.