Die wêreld in foto’s – 20 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Model in ʼn skepping van Rick Owens se Lente/Somer 2020-modeversameling vir mans in Parys. (Foto: Thibault Camus, AP)

Sorbiese kinders geklee in tradisionele drag woon ʼn Corpus Christi-optog in Crostwitz, Duitsland, by. Die Sorbiese gemeenskap naby die grens tussen Duitsland en Pole is ʼn minderheidsgroep met hul eie taal en is deel van die Rooms-Katolieke Kerk. (Foto: Jens Meyer, AP)

Janelle Ihaia poseer vir ʼn foto tydens die jaarlikse Royal Ascot-perdewedren. Dié byeenkoms in Ascot, Engeland, het vroeër bekend gestaan as “Ladies Day”. (Foto: Alastair Grant, AP)

Marin Cilic van Kroasië beantwoord ʼn hou van Diego Schwartzman van Argentinië tydens hul enkelspelwedstryd by die Queens Club-tennistoernooi in Londen. (Foto: Frank Augstein, AP)

Werkers loop oor die veld van Kaïro se internasionale stadion. Dié stadion in die Egiptiese hoofstad word môre amptelik geopen. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.