Die wêreld in foto’s – 20 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Warmlugballonne tydens ʼn nasionale byeenkoms in Teotihuacan, Mexiko. Foto: (Xinhua/Hector Alfaro/ObturadorMX) (rtg) (ah)

ʼn Man roei deur ʼn besoedelde kanaal in Manila in die Filippyne. Talle mense woon langs die kanale en stort hul vullis in die water, wat bydra tot vloede tydens die reënseisoen. Foto: (AP Photo/Aaron Favila)

ʼn Makaak-aap sit met die Rots van Gibraltar in die agtergrond. Foto: (AP Photo/Daniel Ochoa de Olza)

ʼn Model hou die sogenaamde Pink Star-diamant vas by Sotheby’s in Londen. Die diamant is die waardevolste geslypte diamant wat nog ooit opgeveil word. Die diamant is glo meer as $60 miljoen werd en word op 4 April in Hong Kong opgeveil. Foto: (AP Photo/Kirsty Wigglesworth)

ʼn Engelse bulhond kry ʼn soen van sy eienaar tydens ʼn honde- en katskou in Boekarest in Roemenië. Foto: (AP Photo/Vadim Ghirda)

Betogers wat soos animasiekarakters aangetrek is, betoog voor die parlement in Kiëf in die Oekraïne. Hulle eis dat die proses, om ʼn ouditeur vir die anti-korrupsiekomitee aan te stel, billik moet wees. Foto: (AP Photo/Efrem Lukatsky)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Die Makaak-ape van Gibralter word versorg en onderhou deur die Britse regering en die geloof bestaan dat wanneer die ape verdwyn, dit ook die Engelse se invloed op Gibralter se einde sal beteken.

Shaan ·

Ek is mal oor “die wereld in foto’s”. Dis ‘n baie oulike idee van Maroela Media. Dankie MM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.