Die wêreld in foto’s – 20 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Afgevaardigde in ʼn etniese minderheidskostuum verlaat die Groot Saal van die Mense ná die afsluiting van die jaarlikse Nasionale Volkskongres (NPC) in Beijing. (Foto: Andy Wong, AP)

Verslaggewers drom saam buite ʼn polisiekantoor waar die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, in Nanterre buite Parys aangehou word. Sarkozy is in hegtegnis geneem as gevolg van ʼn ondersoek na bewerings dat hy glo miljoene euro in onwettige finansiering van die regime van die ontslape Libiese leier Moammar Gadhafi ontvang het. (Foto: Thibault Camus, AP)

Hyon Song Wol, die hoof van ʼn Noord-Koreaanse kunsgeselskap, ruil dokumente uit met haar Suid-Koreaanse eweknie, Yun Sang, ná ʼn vergadering in Panmunjom, Noord-Korea. Suid-Korea het Dinsdag aangekondig dat hulle ʼn kunsafvaardiging van 160 lede na Noord-Korea sal stuur, insluitende sowat 10 gewilde K-Pop-sangers. (Foto: Suid-Korea Unification Ministry, AP)

Polisiebeamptes staan wag by die ingang van die Russiese ambassade in Londen. Brittanje sal Dinsdag 23 Russiese diplomate skors en hoëvlak-kontakte met die Kremlin verbreek ná die aanval op ʼn voormalige spioen en sy dogter – daar is gepoog om hulle te vergiftig en hulle is albei in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Dit sal die grootste skorsing sedert die Koue Oorlog wees. (Foto: Frank Augstein, AP)

Modelle dra skeppings deur Anandia Marina Putri en Novita Yunus van Indonesië gedurende die 2018 herfs-/winterreeks by die Tokio-modeweek in dié stad. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.