Die wêreld in foto’s – 20 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Harald Krüger, uitvoerende hoof van die Duitse motorvervaardiger BMW, poseer vir ’n foto langs ’n BMWi-motor voor dié maatskappy se verdienste-perskonferensie in München, Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Indiese vroue speel met kleurvolle poeier tydens Holi, die Hindoe-fees van kleur, in Allahabad, Indië. Met die Holi-fees word die koms van die lente aangekondig. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Pous Franciskus soen ’n baba kort voor sy weeklike oudiënsie op die St. Pietersplein in die Vatikaan. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Die embleem van die Olimpiese fakkel van die 2020 Tokio- Olimpiese Spele is te sien tydens ’n perskonferensie Woensdag in Tokio. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Padraig Harrington van Ierland hou die Ryder-beker omhoog tydens ’n perskonferensie by die Maleisië-gholfkampioenskap in Kuala Lumpur, Maleisië. (Foto: Vincent Phoon, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.