Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van wêreldwye onrus oor Covid-19 is diere egter salig onbewus daarvan. Só lyk die diere wat ʼn traak my nie agtige houding teenoor dié pandemie het nie.

Twee Yslandse perde baljaar op ʼn plaas in Wehrheim naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Een van ʼn tweeling ysbere maak die eerste keer ʼn verskyning in die Ouwehands-dieretuin in die suide van Nederland. Die dieretuin is tans vir die publiek gesluit. (Foto: Tonny Hoevers, AP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Ag hoe fraai. ‘n Ligpunt tussen al die slegte nuus.
Daardie perd foto is absoluut briljant:-))