Die wêreld in foto’s – 20 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wêreld-foto's (1)

ʼn Nepalese man word versorg deur ʼn Chinese dokter in Kathmandu, Nepal, by ʼn gratis gesondheidskamp wat spesialiseer in katarak-chirurgie. Foto: Xinhua/Sunil Sharma/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

Greg Suhr, die hoof van die polisie in San Francisco, tydens ʼn perskonferensie in die Bayview-distrik, nadat ʼn vrou deur ʼn lid van die polisie doodgeskiet is. Foto: Jessica Christian/The San Francisco Examiner via AP/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

ʼn Foto van Maria al-Ali (2) ʼn Siriese vlugteling, wat gedra word deur haar ma, Huda al-Ali, in Gaziantep, Turkye. Al-Ali is een van duisende vlugteling wat in Turkye woon en geld ontvang van die Wêreldvoedselprogram. Dié gesin van vyf ontvang sowat ʼn honderd dollar per maand. Foto: AP Photo/Lefteris Pitarakis/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (3)

ʼn Student by ʼn kunsuitstalling tydens ʼn kunskompetisie by die Nanjing Universiteit in China. Meer as ʼn 1 000 studente het hul kuns ten toon gestel. Foto: Xinhua/Sun Can/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

Taiwan se nuwe president, Tsai Ing-wen, tydens haar inhuldiging in Taipei.Tsai Ing-wen is Taiwan se eerste vrouepresident. Foto: AP Photo/Chiang Ying-ying/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

Kevin Love  van die Die Cleveland Cavaliers  kry punte vir sy span tydens die  NBA basketbal-konferensie se finaal in Cleveland. Foto: AP Photo/Tony Dejak/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

ʼn Ondersteuner van die All India Anna Dravida Munnetra Kazhagam-party vier die party se oorwinning tydens ʼn verkiesing in Chennai, Indië. Foto: Xinhua/Stringer/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

Die landskap in die geologiese park in Zhangye, in die noordweste van China se Gansu Provinsie. Foto: Xinhua/Yang Xin/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's (1)

ʼn Sekurteitsbeamte van Pakistan met die baadjie van ʼn selfmoordbomaanvaller in Peshawar, Pakistan. Plaaslike polisie sê drie verdagtes is dood nadat een van die baadjies per ongeluk ontplof het. Foto:  AP Photo/Mohammad Sajjad/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.