Die wêreld in foto’s – 20 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Virat Kohli, Indië se krieketkaptein, vier Maandag ʼn honderdtal op die vyfde dag van hulle eerste toetswedstryd teen Sri Lanka in Kolkata, Indië. (Foto: Bikas Das, AP)

Mense kyk na sement wat op die Ewige Vlam, ʼn monument vir ʼn onbekende soldaat in die Oekraïne, gesmeer is. Die monument is die afgelope tyd deur vandale geteiken. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

Ondersteuners van ʼn radikale godsdienstige party betoog in Islamabad in Pakistan. (Foto: Anjum Naveed, AP)

ʼn Kind vat aan ʼn reusestandbeeld van ʼn pikkewyn in Beijing in China. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Donker wolke hang oor die presidensiële woning in Duitsland voordat pres. Frank-Walter Steinmeier met kanselier Angela Merkel in Berlyn byeenkom vir ʼn vergadering. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.