Die wêreld in foto’s – 20 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Angela Merkel, die Duitse kanselier, en Theresa May, die Britse eerste minister, wag Donderdag vir die sitting van die informele EU-beraad om te begin in Salzburg, Oostenryk. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Najib Razak, die voormalige Maleisiese eerste minister, Donderdag ná ʼn verhoor in die Kuala Lumpur-hooggeregshof in dié stad in Maleisië. Najib het onskuldig gepleit op 25 aanklagte van magsmisbruik en geldwassery in verband met die plundering van ʼn staatsbeleggingsfonds. (Foto: Yam G-Jun, AP)

Maan Jae-in, die Suid-Koreaanse president, en sy vrou, Kim Jung-sook, poseer Donderdag saam die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, en sy vrou, Ri Sol Ju, op berg Paektu in Noord-Korea. (Foto: Pyongyang-perskorps, AP)

Noorweë se kroonprins Haakon neem Donderdag deel aan ʼn reddingsoefening wat deur die Noorweegse lugreddingspan georganiseer is. (Foto: Terje Pedersen, AP)

ʼn Inwoner staan omring van puin ná ʼn modderstorting wat Donderdag huise in die Naga-stad in die Cebu-provinsie in die Filippyne verwoes het. (Foto: Bullit Marquez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.