Die wêreld in foto’s – 20 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Laura Dern woon die 2019 Primetime Emmy-prysgeleentheid in die Sunset Tower-hotel in West Hollywood, Kalifornië by. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Paulo Badosa van Spanje beantwoord ʼn hou van Wang Yafan van China tydens die kwarteindstryd van die Korea Ope-tennistoernooi in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Kindertjies speel ʼn bordspeletjie ná die oorstromings in Prayagraj, Indië. Duisende mense se huise is oorspoel toe die Ganges-rivier as gevolg van swaar reën afgekom het. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

ʼn Omgewingsaktivis tydens ʼn wêreldwye optog oor klimaatsverandering buite die departement van omgewing en natuurlike hulpbronne in Quezon-stad, noordoos van Manila in die Filippyne. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Nick Jonas (links), Kevin Jonas en Joe Jonas van die groep Jonas Brothers tree op tydens hul Happiness Begins-toer in die United-sentrum in Chicago. (Foto: Rob Grabowski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.