Die wêreld in foto’s – 21 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Palestynse kinders hou Dinsdag ballonne vas op die eerste dag van Eid al-Adha naby die Koepel van die Rock-moskee in die Al-Aqsa-moskee-gebied in die ou stad van Jerusalem. Tydens Eid al-Adha, oftwel die fees van die offer, slag Moslems skape of beeste om gedeeltes van dié vleis onder die armes uit te deel. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

Strandstoele word Dinsdag voor sonop reggesit op die Timmendorfer-strand aan die Baltiese see in Noordelike Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Sanjeev Rajput, ’n skut van Indië, in aksie tydens die laaste ronde van die 50 m-skietuitdun tydens die 18de Asiatiese Spele in Palembang, Indonesië. (Foto: Vincent Thian, AP)

Aleksandar Vucic, president van Serwië, praat Dinsdag met ’n vlieënier van ’n MiG-29-vegvliegtuig op die aanloopbaan van die Batajnica- militêre lughawe naby Belgrado in Serwië. Die Serwiese lugmag het twee Russiese MiG-29-vegvliegtuie bestel. Dié toevoeging tot die aanloopbaan het die potensiaal om spanning in die Balkan te verhoog asook die invloed van Moskou in die streek. (Foto: Darko Vojinovic, AP)

’n Vuurwerkvertoning oor die Donaurivier ter viering van die Hongaarse nasionale vakansiedag in Boedapest, Hongarye. (Foto: Attila Volgyi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Betreffende die foto: Ek wens ons in Suid- Afrika kon, soos daardie kinders in die eerste foto, blymoedig die toekoms in draf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.