Die wêreld in foto’s – 21 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Engeland se Lily Owsley (links) word gelukgewens nadat sy punte aangeteken het in ʼn vrouehokkiewedstryd tussen Belarus en Engeland tydens die Europese Kampioenskap by die Wilrijkse Plein in Antwerpen, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

ʼn Vliegtuig vlieg verby die opkomende son soos wat dit die lughawe in Frankfurt, Duitsland, nader. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Vrou loop verby ʼn windturbine in die vroeë oggendure in Hannover, Duitsland. (Foto: Julian Stratenschulte, AP)

Indiese president Ram Nath Kovind (middel) en eerste minister Narendra Modi (regs) luister na Zambiese president Edgar Chagwa Lunguin tydens ʼn seremoniële onthaal in die presidensiële paleis in Nieu-Delhi, Indië. Lunguin is op ʼn drie daagse staatsbesoek aan Indië. (Foto: Manish Swarup, AP)

Vuurwerke is te sien bo die Donau-rivier as deel van die vieringe van die land se grootste nasionale vakansiedag in die middestad van Boedapest. Hongare herdenk jaarliks op hierdie dag die stigting van hul staat en sy stigter King St. Stephen. (Foto: Marton Monus, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae