Die wêreld in foto’s – 21 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het die voormalige opposisieleier in die Belo-Russiese presidensiële verkiesing vir die eerste keer die internasionale media toegespreek nadat sy uit haar geboorteland gevlug het.

Swetlana Tichanowskaja het twee weke gelede uit Belo-Rusland gevlug nadat die outoritêre staatshoof, pres. Alexander Loekasjenko, vir sy sesde agtereenvolgende termyn herverkies is.

Tichanowskaja dring daarop aan dat mense wat in Belo-Rusland in aanhouding is, vrygelaat moet word, insluitend haar man wat vroeër vanjaar in hegtenis geneem is nadat hy probeer steun werf het vir sy presidensiële veldtog.

“Nuwe regverdige, vry en deursigtige verkiesings moet gehou word. Dit is wat die mense van Belo-Rusland nou wil hê,” het Tichanowskaja tydens die mediakonferensie gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat betogings in Belo-Rusland uitgebreek het toe die verkiesingsuitslae bekend gemaak is.

Swetlana Tichanowskaja by die internasionale mediakonferensie in Vilnius in Litaue nadat sy uit Belo-Rusland gevlug het. (Foto: Mindaugas Kulbis, AP)

Betogers hou ʼn vlag vas van die voormalige presidensiële kandidaat, Swetlana Tichanowskaja, tydens ʼn protesoptog in Minsk in Belo-Rusland. (Foto: Dmitri Lovetsky, AP)

Tichanowskaja spreek media toe in Vilnius, Litaue. (Foto: Mindaugas Kulbis, AP)

Mense dra ʼn portret van Tichanowskaja tydens ʼn protesoptog voor die regeringsgebou in Minsk, hoofstad van Belo-Rusland. (Foto: Sergei Grits, AP)

Tichanowskaja beantwoord vrae van die media. (Foto: Mindaugas Kulbis, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.