Die wêreld in foto’s – 21 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Man geklee as Kersvader ry op ’n kameel by die Jaffa-hek in Jerusalem se Ou Stad. (Foto: Oded Balilty, AP)

Ter herdenking van sy geboorte hou ’n vrou ’n plakkaat van Stalin vas by die monument wat Joseph Stalin se graf simboliseer naby die Kremlin-muur op die Rooiplein in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Uber-bestuurders wys hul identiteitskaarte en lisensies buite die maatskappy se kantoor in Beiroet, Lebanon, gedurende ’n betoging teen Nohad Machnouk, minister van binnelandse sake, se waarskuwing teen die gebruik van Uber. Dit volg ná ’n Uber-bestuurder se inhegtenisneming in verband met die moord op ’n Britse vrou. (Foto: Bilal Hussein, AP)

Weeskinders speel met Bengaalse tiere gedurende ’n Kersfees-uitstappie na die Malabon-dieretuin in Malabon, noord van Manila in die Fillepyne. Dié dieretuin bied ’n “Merry Animal Christmas”-projek vir byna 200 weeskinders aan om te wys dat Kersfees ook vir diere is. (Foto: Bullit Marquez, AP)

’n Vrou laat haar dogter toe om haar stembriefie in die stembus te gooi tydens die Katalaanse streeksverkiesing by ’n stemlokaal in Barcelona, Spanje. Katalane verkies nuwe politieke leiers in die hoop dat daar uitsluitsel sal kom oor die hoogs-betwisde beweging om Spanje se noord-oostelike streek van die res van die land te skei. (Foto: Santi Palacios, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.