Die wêreld in foto’s – 21 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Pro-onafhanklikheidsbetoger Vrydag in die middestad van Barcelona, Spanje. Pro-onafhanklikheidsbetogers is glo woedend oor die Spaanse kabinet wat ʼn vergadering in Barcelona hou. Hulle versper die hoofsnelweg deur die stad asook ander paaie wat sodoende verkeersopeenhopings veroorsaak. (Foto: Santi Palacios, AP)

Besoekers verkyk hulle aan ʼn liginstallasie by die Zürich Nasionale Museum in dié Switserse stad. Die binnehof van die museum is omskep in ʼn winterwonderland. (Foto: Michele Limina, Xinhua)

Moslembetogers hou Vrydag plakkate omhoog tydens ʼn optog buite die Chinese ambassade in Djakarta, Indonesië. Honderde betogers het tydens die optog slagspreuke soos “God is groot” en “Gaan weg, kommunis” geskree. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

ʼn Kommunistiese ondersteuner hou ʼn bord vas met ʼn portret van die Sowjetleier, Josef Stalin, by Stalin se graf op die 139ste herdenking van sy geboorte in Moskou, Rusland. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

ʼn Vliegtuig land Vrydag by Gatwick-lughawe in Londen, Engeland. Vlugte is Vrydag weer hervat nadat hommeltuie veroorsaak het dat dié vliegveld langer as 24 uur gesluit was. Tienduisende passasiers se vlugte was gevolglik vertraag tydens die besige vakansieseisoen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.