Die wêreld in foto’s – 21 Februarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-5

ʼn Ligte vliegtuig het in Melbourne in ʼn winkel neergestort. Australiese owerhede het bevestig vyf mense het tydens die voorval gesterf. Foto: Gui Qing, Xinhua

wêreld-foto

ʼn Motorfietsryer in Jakarta ry deur ʼn diep strook water ná vloede dié area getref het. Verskeie dele in Indonesië ervaar tans vloede weens hewige reën. Foto: Agung Kuncahya B, Xinhua

wereld-foto-1

Betogers in die VSA drom saam voor die stadsaal in Los Angeles tydens ʼn optog op Presidentsdag. Talle mense ondersteun “Not My President’s Day” landwyd in protes teen die huidige president, Donald Trump. Foto: Yang Lei, (Xinhua

wereld-foto-4

Joao Sousa (regs) van Portugal appelleer teen die skeidsregter se besluit tydens die eerste ronde van die ATP-tennistoernooi in Rio de Janeiro in Brasilië. Foto: Li Ming, Xinhua

wereld-foto

ʼn Pragtige sneeutoneel van Zhongshan-park in Yinchuan, in die noordweste van China se outonome streek, verewig in ʼn foto. Foto: Wang Peng, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.