Die wêreld in foto’s – 21 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Passasiers wag by ʼn bushalte in Lianyungang in oos-China se Jiangsu-provinsie. China beleef Woensdag, op die laaste dag van die Lentefees waartydens die Chinese Nuwejaar gevier word, ʼn toeloop van reisigers wat ná die fees terugkeer werk toe. (Foto: Si Wei, Xinhua)

Die model Ambra Battilana Gutierrez dra ʼn skepping uit Rocco Barocco se 2018/2019-winterreeks, as deel van die Milaan Modeweek in dié Italiaanse stad. (Foto: Antonio Calanni, AP)

Ondersteuners moedig Russiese atlete Woensdag aan gedurende die tweede helfte van die manshokkie-kwarteindstryd tussen Noorweë en Rusland tydens die 2018 Olimpiese Winterspele in Suid-Korea. Die manshokkie-wedstryde vind plaas by die Gangneung Olimpiese Park. (Foto: Jae C. Hong, AP)

Kinders stap deur ʼn uitstalling ter viering van die nuwe maanjaar, oftewel die Chinese Nuwejaar, by ʼn luukse winkelsentrum in Beijing. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Kyaw Soe Oo, ʼn Reuters-joernalis, dra sy dogtertjie terwyl hy deur polisie na sy verhoor buite Yangon, Mianmar, begelei word. Twee Reuters-joernaliste, wat tans in polisieaanhouding is, verskyn in die hof op aanklagte van die oortreding van dié land se amptelike wet op geheimhouding. (Foto: Thein Zaw, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.