Die wêreld in foto’s – 21 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Manhattan-brug in New York is sigbaar in die sneeu. Meer as 1 000 vlugte is by lughawens reg oor die VSA gekanselleer weens ʼn sneeustorm wat die land se Ooskus getref het. Groot stede soos onder meer New York, Philadelphia en Washington DC is deur dié sneeustorm getref. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

Die volmaan is sigbaar langs die Empire State-gebou in New York, VSA. Die foto is van Hoboken in New Jersey geneem. (Foto: Li Muzi, Xinhua)

Die president van die Europese Kommissie, Jean-Claude Juncker, wys na ’n pleister op sy wang tydens ’n perskonferensie by die EU-hoofkwartier in Brussel, België. (Foto: Zheng Huansong, Xinhua)

’n Vliegtuig maak gereed om Donderdag in die vroeë oggendure te land in Lissabon. (Foto: Armando Franca, AP)

Brandweermanne en plaaslike inwoners help om ’n brand te blus in Dhaka, Bangladesj. Dié verwoestende brand het Woensdagaand vinnig deur minstens vyf geboue versprei in ’n ou gedeelte van Bangladesj se hoofstad. Minstens 70 mense is in die brand dood. (Foto: Mahmud Hossain Opu, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anja van der Merwe ·

Dagsê Marius,

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaard “Lissabon” wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.