Die wêreld in foto’s – 21 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vroue skree tydens ʼn protesoptog teen geslagsgeweld buite die nasionale paleis in Mexikostad. Die moord op ʼn 7-jarige meisie aan die buitewyke van Mexikostad het woede aangevuur oor wreedaardige misdade teenoor vroue. (Foto: Eduardo Verdugo, AP)

ʼn Vrou met haar hond, Kiara, geniet die Blocao-hondekarnaval langs die Copacabana-strand in Rio de Janeiro, Brasilië. (Foto: Silvia Izquierdo, AP)

Kiesers poseer vir ʼn foto by ʼn stemlokaal in Teheran, Iran. Iraniërs het Vrydag vir ʼn nuwe parlement begin stem, met kiesersdeelname wat gesien word as ʼn belangrike aanduiding van steun vir die Iranse leierskap te midde van sanksies wat die ekonomie strem en die land op diplomatieke vlak isoleer. (Foto: Ebrahim Noroozi, AP)

Gemaskerde koshuisstudente van die Universiteit van die Filippyne sing tydens hul jaarlikse kaalbasdraf in Quezon, Filippyne. Ongeveer twintig studente het aan dié tradisie deelgeneem terwyl hulle plakkate wat die agteruitgang van die omgewing uitbeeld, omhoog gehou het. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Hindoe-vrou bid na ʼn heilige indompeling in die Sangam-rivier in Prayagraj, Indië. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Ek weet nie hoekom stem die Iraniërs nog nie. Daar is net een party en jy mag nie die NEE op die brief tik nie, anders is jy geskiedenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.