Die wêreld in foto’s – 21 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die ikoniese Cloud Gate by Millennium Park in Chicago, VSA, is bedek met sneeu. Meer as 500 vlugte is Saterdag by Chicago se twee internasionale lughawens gekanselleer weens die kragtige winterstorm wat die sentrale en noordoostelike dele van Amerika getref het. (Foto: Wang Ping, Xinhua)

Mense neem deel aan die 2019- New York-vroueoptog in die strate van New York. Tienduisende optoggangers het Saterdag die ysige wind trotseer om aan dié derde vroueoptog deel te neem ter bewusmaking van vroueregte en sosiale gelykheid. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

Missiele word in die lug opgeskiet naby Damaskus se internasionale lughawe in Sirië. Die Israeliese weermag het ’n verklaring uitgereik dat hulle besig is om die Iranse weermag in Sirië aan te val. (Foto: SANA via AP)

Die volmaan gedurende ’n maansverduistering in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

’n Gewapende Switserse polisiebeampte hou wag op die dak van die kongressentrum waar die jaarlikse vergadering van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) plaasvind. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christa ·

dis nie net in New York waar vrouens die broek wil dra nie, oral is daar kompetisie met mans om die broek te wil dra. Net mans met murg in hul pype laani op hulle koppe sit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.