Die wêreld in foto’s – 21 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Werkers spuit ʼn antiseptiese oplossing by die Internasionale Lughawe in Incheon, Suid-Korea, te midde van toenemende openbare kommer oor die moontlike verspreiding van ’n nuwe koronavirus. (Foto: Suh Myung-geon, AP)

Brittanje se Katie Boulter slaan af na Elina Svitolina van die Oekraïne tydens die eerste rondte van hul enkelspelwedstryd by die Australiese Ope tenniskampioenskap in Melbourne, Australië. (Foto: Dita Alangkara, AP)

Die Sweedse omgewingsaktivis Greta Thunberg neem haar sitplek in voor die openingsessie van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Lae mis hang oor die Corfe-kasteel in die suide van Engeland waar oornagtemperature onder vriespunt gedaal het. (Foto: Andrew Matthews, AP)

Betogers het ʼn brand gestig om ’n belangrike snelweg in Bagdad, Irak, te sluit, terwyl veiligheidsmagte poog om dit te heropen. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.