Die wêreld in foto’s – 21 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kinders lê blomme neer voor die foto van wyle joernalis Pavel Sheremet, tydens ’n huldeblyk in Kiev in die Oekraïne. Pavel Sheremet, ’n bekende joernalis, is Woensdag tydens ’n motorbomaanval in Kiev oorlede. Die voorval het skokgolwe deur die Oekraïense joernalistieke gemeenskap gestuur. ’n Oekraïense vlag (regs) en ’n Belarussiese opposisievlag wapper in die agtergrond. Foto: AP Photo/Efrem Lukatsky/wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van pres. Recep Tayyip Erdogan van Turkye waai plakkate en landsvlae tydens ’n optog by die Kizilay-hoofplein in Ankara, Turkye. Die Verenigde State van Amerika se minister van buitelandse sake, John Kerry, het ’n beroep op Turkye gedoen om met konkrete bewyse vorendag te kom dat ’n Turkse geestelike leier woonagtig in die VSA vir die mislukte staatsgreep verantwoordelik was, indien hulle hom uitgelewer wil hê. Foto: AP Photo/Hussein Malla/wire.africannewsagency.com

 Pres. Robert Mugabe se ondersteuners betoog in die middestad van Harare, hoofstad van Zimbabwe. Duisende ondersteuners van pres. Mugabe het Woensdag aan ’n protesoptog in Harare deelgeneem. Foto: Xinhua /wire.africannewsagency.com

Pres. Robert Mugabe se ondersteuners betoog in die middestad van Harare, hoofstad van Zimbabwe. Duisende ondersteuners van pres. Mugabe het Woensdag aan ’n protesoptog in Harare deelgeneem. Foto: Xinhua/wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van Indië se Bahujan Samaj Party (BSP) verbrand ’n afbeelding van die Bharatiya Janata Party (BJP) tydens ’n protesaksie in Lucknow, die staat Uttar Pradesh, Indië. Die betogers eis die inhegtenisneming van die BJP se voormalige visepresident, Dayashanakar Singh, nadat hy neerhalende opmerkings oor die BSP se leier, Mayawati, gemaak het. Foto: AP Photo/Rajesh Kumar Singh/wire.africannewsagency.com

Die pendeltuig Atlantis ontplooi sy landingskern voordat dit by die Kennedy Ruimtesentrum in Florida, VSA, land. Die Atlantis het op 21 Julie 2011 die finale missie van die pendeltuigprogram, STS-135, voltooi. Dit sal Nasa minstens ’n jaar neem alvorens ’n bemande ruimtesending weer geloods kan word. Foto: Smiley N. Pool/ Houston Chronicle via AP/wire.africannewsagency.com

’n Vliegtuig sweef voor die maan verby, soos gesien vanaf die Eagle Rock-reservaat in West Orange, New Jersey. Foto: AP Photo/Julio Cortez/wire.africannewsagency.com

Soldate abseil van ’n helikopter af tydens ’n militêre parade ter viering van Colombia se 206ste Onafhanklikheidsdag in Bogota, Colombia. Foto: AP Photo/Fernando Vergara/wire.africannewsagency.com

Lewensredders bind ’n dooie boggelrugwalvis se stert vas nadat dit aan wal by die Dockweiler-strand in Los Angeles, Kalifornië, uitgespoel het. Die 14 meter lange dooie walviskoei, genaamd Wally, het teen Kalifornië se suidelike kus afgedryf, en is eindelik ter ruste gelê. Foto: AP Photo/Nick Ut/wire.africannewsagency.com

 Rusland se Yelena Isinbayeva verbeter die wêreldrekord en wen terselfdertyd ’n goue medalje tydens die vroue-paalspringfinaal in die 2008 Olimpiese Spele in Beijing, China. Die Internasionale Hof van Sport-Arbitrasie sal Donderdag bepaal of Rusland se baan- en veld-atlete aan die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, mag deelneem. Foto: AP Photo/Julie Jacobson /wire.africannewsagency.com

Rusland se Yelena Isinbayeva verbeter die wêreldrekord en wen terselfdertyd ’n goue medalje tydens die vroue-paalspringfinaal in die 2008 Olimpiese Spele in Beijing, China. Die Internasionale Hof van Sport-Arbitrasie sal Donderdag bepaal of Rusland se baan- en veld-atlete aan die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, mag deelneem. Foto: AP Photo/Julie Jacobson
/wire.africannewsagency.com

Martha Guzman gil tydens ’n fotosessie met zombies van die “Walking Dead”-stalletjie, by Comic-Con International se voorskou-aand in San Diego, Kalifornië. Foto: Denis Poroy/Invision/AP/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.