Die wêreld in foto’s – 21 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Twee mense is oorlede en 55 beseer ná ’n ontploffing by ’n winkelsentrum in Hangzhou, China. (Foto: Huang Zongzhi, Xinhua)

Ondersteuners van die Jammu Kashmir Liberation Front (JKLF) tydens ’n protes-aksie in Indië. (Foto: Dar Yasin, AP)

’n Motor wat skade opgedoen het gedurende die aardbewing van 6,3 wat die kus aan die suid-weste van Turkye getref het. (Foto: DHA/Depo photos, Xinhua)

Polisiebeamptes hou wag by die grens naby Jerusalem se ou stad. Moslems se toegang word beperk in ’n poging om ’n protes-aksie te voorkom. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

‘n Huis lê in puin ná ’n aardbewing op die Griekse eiland, Kos. Twee toeriste, onderskeidelik van Turkye en Swede, is in die aardbewing dood. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.