Die wêreld in foto’s – 21 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Reddingswerkers van Caok Village in Purworejo, Indonesië, dra ʼn lyk weg nadat ʼn grondverskuiwing die area getref het weens vloede. 47 mense is reeds dood en 15 word vermis. Foto: Xinhua/Admojo/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach van Duitsland, praat tydens ʼn perskonferensie in Switserland. Leiers van dié organisasie het bymekaargekom om te gesels oor die voorkoming van onwettige dwelmgebruik by vanjaar se spele in Rio de Janeiro. Foto: Laurent Gillieron/Keystone via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Foto van die FAST-teleskoop in die Pingtang-distrik in China se Guizhou Provinsie. Dié 500 meter teleskoop sal vanjaar nog in gebruik geneem word en sal na verwagting die wêreld se grootste teleskoop wees. Foto: Xinhua/Liu Xu) (zkr/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Mense in Pearlington, kyk na die Saturn V-vuurpyl met sy aankoms by die Infinity Science Center in Mississippi. Foto: Tim Isbell/The Sun Herald via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Man swem in die Dnieper-river in Kiev, in die Oekraïne nadat temperature van tot 32°C die stad getref het. Foto: Sergei Chuzavkov/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lida ·

Plaas n foto van Pretoria soos hy vandag lyk sodat die wereld kan sien@

Tim ·

Ek sal tog te bly wees as temperature van 32°C ons in die somer kan tref! Dis deesdae 36°C+ in PTA

Dave ·

Jy moet n before en nou n aftet plaas sodat almal kan sien hoe word die land vetnietig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.