Die wêreld in foto’s – 21 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pous Franciskus bewonder ʼn tekening wat ʼn kind vir hom gegee het met sy aankoms by ʼn weeklikse byeenkoms by die Sint Pietersplein. (AP Photo/Alessandra Tarantino)

Brandweermanne blus ʼn brand wat Woensdag in ʼn woongebied in Manila in die Filippyne gewoed het. Daar was geen lewensverlies nie, maar ʼn aantal huise het in die slag gebly en tientalle gesinne se lewe is deur die brand geraak. (AP Photo/Bullit Marquez)

Polisiebeamptes patrolleer die gebied buite ʼn stasie in Brussel in België. Die Belgiese owerhede sê hulle het ʼn terreuraanval gefnuik toe soldate ʼn verdagte ná ʼn ontploffing by ʼn besige treinstasie in Brussel geskiet het. (AP Photo/Virginia Mayo)

ʼn Tier in Suid-Korea lek ʼn blok ys met bevrore hoenderstukke daarin vanweë die warm somerweer. ’n Hittegolfwaarskuwing is vir Seoel uitgereik. (AP Photo/Lee Jin-man)

Tao Porchon-Lynch (98), die wêreld se oudste joga-instrukteur, in aksie by ʼn geleentheid in Bangalore, Indië, vir internasionale jogadag. (AP Photo/Aijaz Rahi)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.