Die wêreld in foto’s – 21 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Ferrari-bestuurder, Charles Leclerc van Monaco, bestuur sy motor tydens die eerste oefensessie by die Paul Ricard-renbaan in Le Castellet, Suid-Frankryk. Die Franse Formule Een Grand Prix vind Sondag 23 Junie plaas. (Foto: Claude Paris, AP)

Mense neem deel aan die Fridays for Future-protesoptog in Aachen, Duitsland. (Foto: Marcel Kusch, AP)

ʼn Indiese monnik, oftewel heilige Hindoe-man, doen joga op Internasionale Jogadag by die Kamakhya-tempel in Gauhati, Indië. (Foto: Anupam Nath, AP)

Karakters uit die Disney-rolprent Cinderella, Cinderella en Majordomo, verskyn voor die gaste tydens ʼn geleentheid waar dié film in die Nasionale Filmregister opgeneem word by die Library of Congress in Washington, gedurende sy 70ste herdenking. (Foto: Oscar Wells Gabriel, AP)

Stormagtige wolke pak saam in die lug bo die hooggeregshof in Washington. (Foto: J Scott Applewhite, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae