Die wêreld in foto’s – 21 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel.

Lande soos Libanon en Israel het intussen dié afsonderingstydperk gedeeltelik opgehef in ʼn poging om terug te keer na normaliteit. Sedert die verslapping van beperkings het talle strandgangers die kans aangegryp om die son en see te geniet.

Só geniet strandgangers die Middellandse See.

ʼn Libanese man duik in die Middellandse See by Beirut, Libanon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Strandgangers geniet die warm weer en die Middellandse See by Hadera, Israel. (Foto: Ariel Schalit, AP)

Kinders swem op ʼn warm dag in die Middellandse See by Beirut, Libanon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Vroue geniet die sonsondergang in Hadera, Israel. (Foto: Ariel Schalit, AP)

Libanese tieners staan op die rotse by Beirut, Libanon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.