Die wêreld in foto’s – 21 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Pres. Barack Obama van die VSA Maandag by sy aankoms by die Withuis ná sy laaste buitelandse besoek as president van die VSA. Obama se laaste besoek was aan Lima, Peru, met bykomende besoeke aan Griekeland en Duitsland. Foto: Susan Walsh, AP

wêreld-foto

Angela Merkel, kanselier van Duitsland en voorsitter van die Christelike Demokratiese Unie, het Sondag aangekondig dat sy beskikbaar is vir ʼn vierde vierjaar-termyn as kanselier. Merkel is sedert 2005 kanselier van Duitsland. Foto: Markus Schreiber, AP

wêreld-foto

ʼn Beseerde passasier word in ʼn hospitaal in Kanpur, Indië, behandel nadat ʼn trein naby Pukhrayan in die Kanpur Dehat-distrik ontspoor het. Etlike passasiers is dood of beseer in dié ongeluk. Foto: Rajesh Kumar Singh, AP

wêreld-foto

Sonsopkoms met vrou en hond in die voorwinter in Frankfurt, Duitsland. Foto: Michael Probst, AP

wêreld-foto

Kinders speel in ginkgo-bome se herfsblare by die Meiji Jingu Shrien-tuin in Tokio, Japan. Meer as ʼn 100 bome is hier te sien en is jaarliks ʼn groot trekpleister vir duisende besoekers. Foto: Shizuo Kambayashi, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Maroela…maak tog Suid Afrika deel van hierdie FOTO WERELD? So bv dink ek aan die wonderwerk van Shaun se herstel na sy frats brandongeluk?

Jantjie ·

Merkel moenie eers oorweeg word vir ‘n vierde termyn nie. Wat ‘n aardige skepsel. Die bome in Japan is pragtig. Mooi atmosferiese foto van die vrou en hond in Frankfurt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.