Die wêreld in foto’s – 21 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die vulkaniese uitbarsting op Berg Agung in Bali, Indonesië. (Foto: Veri Sanovri, Xinhua)

ʼn Man help om op te ruim ná die verwoesting wat gesaai is deur sterk winde en swaar reën in Sri Lanka. Ses mense is tydens die storm dood en nog 23 is beseer. (Foto: Gayan Sameera, Xinhua)

Pres. Alexander Lukashenko van Belarus groet pres. Wladimir Poetin by ʼn beraad in Minsk in Belarus. (Foto: Tatyana Zenkovich, AP)

Lauri Love, die Britse kuberkraker wat daarvan beskuldig word dat hy rekenaars van die Amerikaanse regering geteiken het, praat met die media terwyl hy die hof in Londen verlaat. (Foto: Frank Augstein, AP)

Prins William praat met ʼn man wat aangetrek is soos Kersvader tydens sy besoek aan Helsinki in Finland. (Foto: Heikki Saukkomaa Lehtikuva, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.