Die wêreld in foto’s – 21 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Donald Trump, die Amerikaanse president, praat met verslaggewers buite die Withuis in Washington DC. Trump het skriftelike antwoorde op vrae ingedien van die spesiale ondersoeker Robert Mueller wat ondersoek instel na die beweerde Russiese inmenging in die 2016- Amerikaanse verkiesing. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Toeriste poseer Woensdag vir foto’s op die nuwe glasdek van die King Power Mahanakhon-gebou in Bangkok, Thailand. Dié gebou is tans Thailand se hoogste gebou. Dit is 314 m hoog met 78 verdiepings en ʼn uitsig van 360 grade oor die stad. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Kasjmiri-Moslems bid Woensdag terwyl ʼn hoofpriester ʼn reliek van profeet Mohammed in die Hazratbal-tempel op Eid-e-Milad, die geboortedag van dié profeet, ophou in Srinagar, Kasjmir. (Foto: Dar Yasin, AP)

ʼn Vrou verkyk haar Woensdag aan die skildery, “Equestrian Portrait of the King Philip II”, deur die Amerikaanse kunstenaar Kehinde Wiley by die uitstalling Michael Jackson on the Wall in die Grand Palais-museum in Parys. Die uitstalling bestaan uit kuns geïnspireer deur Michael Jackson se liedjies, choreografieë en videogrepe. (Foto: Francois Mori, AP)

ʼn Sneeubedekte padteken Woensdag naby Snake Pass in Derbyshire, Engeland. Wintertoestande tref vandeesweek verskeie dele van Brittanje met sneeu wat plek-plek voorkom. (Foto: Danny Lawson, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.