Die wêreld in foto’s – 21 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, kom aan by die EU-beraad in Brussel op die tweede dag van samesprekings. Foto: Olivier Matthys/ AP

wêreld-foto

Groot golwe wat deur tifoon Haima veroorsaak is, spoel oor die waterfront in Hongkong. Kragonderbrekings, stortvloede en grondverskuiwings het reeds talle lewens geëis. Foto: Kin Cheung/ AP

wêreld-foto

ʼn Betoger hou ʼn ligfakkel vas tydens ʼn studentebetoging in Milaan, Italië. Dié groep lewer protes teen die regering se voorgestelde grondwetlike hervorming. Foto: Luca Bruno/ AP

wêreld-foto

ʼn Pragtige herfsdag by die Stoessensee-meer in Berlyn, Duitsland. Foto: Rainer Jensen/AP

wêreld-foto

Twee rondloperhonde loer deur ʼn heining in Boekarest in Roemenië. Volgens stadsbronne is daar meer as 60 000 rondloperhonde in Boekarest. Foto: Andreea Alexandru/ AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denise ·

Baie mooi fotos net jammer die getal rondloperhonde is so hoog hulle het tog aan iemand behoort ek verstaan nie die mens nie hoekom iets wil he en dan dit sommer net weggooi tragies !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.