Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Mense van Charlotte, in Noord-Carolina in die VSA, protesteer ná die polisie Keith Lamont Scott doodgeskiet het. Beamptes het traangas gebruik om betogers te laat bedaar. Foto: Jeff Siner/The Charlotte Observer via AP
Polisiebeamptes van Hongarye patrolleer die grens van Serwië en Hongarye naby Trompa, 169km van Budapest. Gevangenes van dié land werk hard aan die produksie van lemmetjiesdraad om nog ʼn heining op die grens tussen Serwië te bou om immigrante uit te hou. Foto: Sandor Ujvari/MTI via AP
ʼn Vrou van Jinzhu, in die suid-ooste van China se Fujian-provinsie, hou ʼn mandjie met gedroogde brandrissies vas. Herfs is die oesseisoen. Foto: Xinhua/Zhang Guojun) (zhs)
Die akteurs Ella Purnell en Asa Butterfield staan reg vir ʼn foto saam met Sally Miller, wat ʼn toertjie doen om die rolprent “Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children” in Londen te bemark. Foto: Vianney Le Caer/Invision/AP
ʼn Baba-gorilla van net ses dae oud lê in sy ma se arms by die Shira-dieretuin in Frankfort, Duitsland. Foto: Michael Probst
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.