Die wêreld in foto’s – 21 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Michal Lajcha, ʼn Rooms-Katolieke priester, teken sy boek The Tragedy of Celibacy – The death of a wife tydens ʼn onderhoud in Klak in Slowakye. Lajcha daag die Rooms-Katolieke Kerk uit oor sy reëls rakende selibaatheid in dié konserwatiewe godsdienstige vesting in Sentraal- en Oos-Europa. (Foto: Petr David Josek)

Betogers van die Manobo-stam skree Vrydag slagspreuke uit tydens die herdenking van die 1972-oorlogsverklaring van die destydse leier, Ferdinand Marcos, tydens ʼn saamtrek naby die presidensiële paleis in Manila in die Filippyne. Dié betogers het ook gevra dat die regering ʼn einde moet bring aan die moorde weens die Filippynse president, Rodrigo Duterte, se oorlogverklaring teen dwelms. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Indiese Moslem klop op sy bors terwyl hy Vrydag deelneem aan ʼn Muharram-optog in Nieu-Delhi, Indië. Muharram is ʼn maand van rou ter herinnering aan die martelaar, Imam Hussein, die kleinseun van die profeet Mohammed. (Foto: Manish Swarup, AP)

ʼn Nepalese joernalis se mond is met ʼn stukkie swart lap gesnoer tydens ʼn betoging teen ʼn nuwe stel wette wat die media in Katmandoe, Nepal, in gedrang sal bring. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Wen Jianmin, ʼn boswagter, se vrou, Tian Jingjie, bring Vrydag vir hom middagete by die uitkyktoring by die Sifangberg-patrolliestasie in die groter Khingan-berge in Hulunbuir-stad, Noord-China. Wen Jianmin (57) is al 30 jaar betrokke by woudbewaring. (Foto: Yu Yang, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.