Die wêreld in foto’s – 21 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Taj Mahal in Indië het weer heropen nadat dit langer as ses maande gesluit was weens die Covid-19-pandemie. ʼn Beperkte aantal toeriste is Maandag toegelaat om dié monument te besoek.

ʼn Man vee voor die Taj Mahal voordat dit heropen. (Foto: Pawan Sharma, AP)

ʼn Soldaat hou wag oor die Taj Mahal nadat dit Maandag vir die eerste keer in maande heropen is. (Foto: Pawan Sharma, AP)

Besoekers aan die Taj Mahal in Agra, Indië. (Foto: Pawan Sharma, AP)

Die Taj Mahal kan gesien word vanaf die oewer van die Yamuna-rivier in Indië. (Foto: Pawan Sharma, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.