Die wêreld in foto’s – 22 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Daar is egter inwoners op ʼn eiland in die suide van Frankryk wat voel dat geskiedenis herhaal word met dié afsonderingstydperk.

Die Frioul-eilandgroep naby Marseille in die suide van Frankryk het deur die eeue as ʼn kwarantynsentrum gedien tydens dodelike epidemies in ʼn poging om die Franse vasteland teen infeksie te beskerm. Te midde van die Covid-19-pandemie is die eiland se paar inwoners, soos voorheen, aan hulle eie genade oorgelaat.

Só lyk dié voormalige kwarantyn-eiland tydens die Covid-19 pandemie.

Die kus van Marseille in die verte vanuit ʼn verlate wapenstapelbunker in die fort van Ratonneau op die Franse Frioul-eilandgroep. (Foto: Daniel Cole, AP)

Patrick Tellier, Frioul se enigste verpleër, wys op ʼn kaart uit die 19de eeu waar die ingang na die destydse kwarantynhawe was. (Foto: Daniel Cole, AP)

Donkerwolke pak saam oor die Frioul-eilandgroep wes van Marseille in Frankryk. (Foto: Daniel Cole, AP)

Mense sit op Marseille se ou hawe tydens die tyd van afsondering in Frankryk. (Foto: Daniel Cole, AP)

ʼn Verlate gebou op Ratonneau, een van die eilande in die Franse Frioul-argipel. (Foto: Daniel Cole, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fae Fubar ·

Pragtige foto’s en interessante inligting. Dankie Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.