Die wêreld in foto’s – 22 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Moslems bid Woensdag op ʼn nat treinspoor terwyl ander onder dak bid gedurende die Eid al-Adha-fees in Kolkata, Indië. Moslems oor die wêreld vier Eid al-Adha, oftewel die fees van opoffering, deur diere te offer om die profeet Ibrahim se bereidwilligheid om sy seun te offer, te herdenk. (Foto: Bikas Das, AP)

Die sonsopkoms Woensdag by die St. Mary-lighuis op St. Mary-eiland, Engeland. Die Europese Ruimte-agentskap (ESA) is gereed om die windgedrewe satelliet, Aeolus, vanaf Europa se Space Port in Kourou, Frans-Guiana, bekend te stel. Dié satelliet sal data verskaf wat na verwagting weervoorspellings oor die hele wêreld aansienlik sal verbeter. (Foto: Owen Humphreys, AP)

ʼn Model vertoon Woensdag ʼn skepping deur Ankur en Priyanka Modi tydens die Lakme-wintermodeweek in Moembai, Indië. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Suid-Korea se Lee Eun-joe in aksie op die ongelyke balke tydens die gimnastiek-eindstryd by die 18de Asiatiese Spele in Djakarta, Indonesië. (Foto: Dita Alangkara, AP)

ʼn Besoeker raak aan ʼn kunswerk uit lekkers gemaak by Candytopia in New York. Candytopia is ʼn interaktiewe uitstalling in New York met verskeie vertrekke vol lekkerny-versierings. (Foto: Lin Bilin, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barend ·

wat sou die verband wees tussen die lighuis op St. Mary-eiland en die ERA se windgedrewe satelliet Aeolus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.