Die wêreld in foto’s – 22 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die son kom op langs die Europese Sentrale Bank by die Mainrivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Kansas City Royals se Cheslor Cuthbert in aksie teen Baltimore Orioles tydens die tweede skof van ʼn bofbalwedstryd in Baltimore. (Foto: Julio Cortez, AP)

Pres. Donald Trump praat met verslaggewers net voordat hy op die Marine One vanaf die Withuis in Washington na Kentucky vertrek. (Foto: Alex Brandon, AP)

Voetgangers loop in die agterbuurt van Rio de Janeiro, Brasilië, rond. Brasiliaanse menseregte- en slagoffer-organisasies probeer bewusmaking skep van die hoë sterftesyfers. (Foto: Leo Correa, AP)

Columbus Crew se Jonathan Mensah (4) in aksie teen New York City se Valentin Castellanos (11) tydens die eerste helfte van ʼn MLS-sokkerwedstryd in New York. (Foto: Kathy Willens, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae