Die wêreld in foto’s – 22 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense drom saam by Stonehenge in Wiltshire in die weste van Engeland om met die aanbreek van die wintersonstilstand die sonopkoms ná die langste nag van die jaar te aanskou. (Foto: Andrew Matthews, AP)

Shin Kyuk-ho, stigter van die Lotte-groep, daag in ’n rolstoel by die sentrale distrikshof in Seoul, Suid-Korea, op. Die 95-jarige Kyuk-ho, sy seun en dié groep se voorsitter is skuldig bevind op aanklagte van korrupsie. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Britse eerste minister, Theresa May, praat met troepe by RAF Akrotiri, een van die twee militêre basisse op die oos-meditirreense eiland Cipres wat deur Brittanje in stand gehou word. (Foto: Petros Karadjias, AP)

Dorpenaars pak vis uit in Jingtou in oos-China se Jiangxi-provinsie. Plaaslike vissermanne droog en pekel vis veral nou aangesien heersendende weersomstandighede in dié area ideaal daarvoor is. (Foto: Xinhua/Fu Jianbin)

’n Man koop ’n koerant waarin die resultate van die Katalaanse streeksverkiesing in Barcelona, Spanje, aangekondig word. Katalaanse verkiesings kon nog nie die toekoms van díe streek verseker nie, aangesien daar ’n duidelike verdeeldheid heers tussen dié wat ten gunste van Spanje se onafhanklikheid is en diegene wat daarteen gekant is. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.