Die wêreld in foto’s – 22 Februarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-4

Onwettige immigrante in ʼn aanhoudingsentrum in Tripoli, Libië. Martin Kobler, verteenwoordiger van die Verenigde Nasies, het dié groep Woensdag besoek. Foto: Hamza Turkia, Xinhua

wêreld-foto

ʼn Gestremde man wag Woensdag op behandeling by ʼn ortopediese sentrum in Afganistan se Ghazni-provinsie.

wereld-foto-5

Bao Bao, die reusepanda wat in ʼn dieretuin in Washington in die VSA gebore is, is Woensdag oorgeplaas na ʼn bewaringsentrum in China. Foto: Yin Bogu, Xinhua

wêreld-foto

Kinders wat aangetrek is soos legendariese figure ry te perd deur die dorpie Yangwei in die suidooste van China. Tydens dié parade op die 26ste dag van die eerste maand in die Chinese kalender word gebid vir vrede, voorspoed en ʼn goeie oes. Foto: Zhang Guojun, Xinhua

wereld-foto-2

Zhang Xiaofang (links) van die Lisu- etniese groep maak gereeld vir haar troudag in Xiaonanshan, ʼn dorpie in China se Sichuan-provinsie. Sy dra ʼn tradisionele Lisu-uitrusting. Foto: Jiang Hongjing, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.