Die wêreld in foto’s – 22 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mikaela Shiffrin (links), die Amerikaanse silwer medalje wenner, poseer saam met die Switserse goue medalje wenner Michelle Gisin (middel) en die brons medalje wenner Wendy Holdener by die prysoorhandiging vir die vroue- gekombineerde slalom-item op die 2018 Olimpiese Winterspele in Jeongseon, Suid-Korea. (Foto: Christophe Ena, AP)

’n Model pronk in ’n Fendi-skepping uit dié modehuis se 2018/2019-winterreeks tydens die Milaan-modeweek in dié Italiaanse stad. (Foto: Antonio Calanni, AP)

Mense skree slagspreuke teen aanvalle in die rebelbeheerde buurt van oostelike Ghouta in die Siriese hoofstad, Damaskus, tydens ’n optog buite die Russiese konsulaat in Istanboel. Talle mense het Donderdag Siriese liedjies gesing in protes teen ʼn bomveldtog van die Siriese regering wat hospitale, woonstelblokke en ander burgerlike persele geteiken het. (Foto: Lefteris Pitarakis, AP)

Iranse polisiemanne dra die doodskis van hul kollega, een van drie polisiemanne wat Maandag dood is toe ʼn bus in ʼn groep polisiebeamptes ingeploeg het tydens ʼn protes deur aanhangers van ʼn Sufi-Moslemleier, tydens sy begrafnis in Tehran, Iran. (Foto: Vahid Salemi, AP)

Pensioentrekkers betoog terwyl duisende die gebied voor die Spaanse parlement in Madrid, Spanje, versper. Die betogers dring aan op pensioen wat met inflasie byhou. (Foto: Paul White, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.