Die wêreld in foto’s – 22 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Tuinboukundige Helen Bartlett rangskik plantblare by die Orgideeskou by die Chicago Botaniese Tuine in Glencoe, Illinois. Die Orgideeskou vind van 9 Februarie tot 24 Maart plaas. (Foto: Joel Lerner, Xinhua)

’n 1915- Ford Model T Touring by die “Art and the Automobile”-uitstalling by die 2019- Kanadese Internasionale Motorskou by die Metro Toronto-konvensiesentrum in Toronto, Kanada. Die uitstalling waar 15 skaars en klassieke motors uitgestal word, duur van 15 tot 24 Februarie. (Foto: Zou Zheng, Xinhua)

Dansers van Kirgisië tree op by ’n kulturele uitvoering in die Hawalli-goewerneursgebied in Koeweit. Hierdie optrede het Donderdagaand plaasgevind ter viering van die 25ste herdenking van die vestiging van diplomatieke verhoudings tussen Kirgisië en Koeweit. Dié geleentheid is deur Kirgisië se ambassade in Koeweit gereël. (Foto: Joseph Shagra, Xinhua)

Finland se Artu Maekiaho in aksie gedurende die Nordiese gekombineerde skispronge by die Nordiese ski-wêreldkampioenskap in Innusbruck, Oostenryk. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Gerard Butler woon die 2019- Hollywood vir Wetenskap-galageleentheid in Los Angeles by. (Foto: Richard Shotwell, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John Benghiat ·

Ek wil Maroela Media bedank en gelukwens met die noukeurige Afrikaans wat deurgaans in alle berigte gebruik word en dat daar net sulke fyn proefleeswerk gedoen word. Jul nuusdekking is wonderlik. Baie dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.