Die wêreld in foto’s – 22 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Skoolkinders besig om sneeu te skep in Pyongyang, Noord-Korea. Weervoorspellers meen temperature in die Noord-Koreaanse hoofstad kan dié week by -19 °C gaan draai. (Foto: Eric Talmadge, AP)

Die opspraakwekkende verhoor van Siti Aisyah (tweede van links), die Indonesiër wat saam met Doan Thi Huong, ʼn Viëtnamees, teregstaan vir die moord op Kim Jong Nam, die halfbroer van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, is Maandag in die hof in Shah Alam, Maleisië, ná ʼn reses van etlike weke hervat. (Foto: Sadiq Asyraf, AP)

Betogende wagte het Maandag toegang tot sommige van Frankryk se 188 tronke versper tydens die tweede week van konflik, aangehits deur verskeie aanvalle op tronkwagte. (Foto: Thibault Camus, AP)

’n Motorfietsbomontploffing het Maandag verwoesting by ’n mark in die suide van Thailand gesaai. Drie mense is dood en 18 beseer in dié aanval. (Foto: Somphop Suphanaranond, AP)

Applous vir die Franse modeontwerper Bertrand Guyon by die Schiaparelli-modevertoning van sy lente-somerreeks vir 2018, Maandag in Parys, Frankryk. (Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.