Die wêreld in foto’s – 22 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Oekraïnse dansers tydens ’n dansuitvoering in die Abdulhussain Abdulridha-teater in Salmiya in die Hawalli-distrik, Koeweit. Die geleentheid is deur die ambassade van Oekraïne in Koeweit, asook die Koeweitse Nasionale Raad van Kultuur, Kuns en Lettere, georganiseer. (Foto: Joseph Shagra, Xinhua)

Christiano Ronaldo en sy meisie, Georgina Rodriguez, verlaat die hof in Madrid. Ronaldo sal na verwagting skuldig pleit op ʼn aanklag van belastingbedrog. Die Juventus-voorspeler het in ’n swart voertuig gearriveer voor hy met die trappe na die hof gegaan het en eers stilgestaan het om sy handtekening uit te deel. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Modelle in skeppings van Christian Dior gedurende die Paryse Haute Couture- modeweek Lente/Somer 2019 in Parys, Frankryk. (Foto: Piero Biasion, Xinhua)

’n Vliegtuig by die nuwe Ramon-lughawe naby Eilat, die stad aan die kus van die Rooi See, in Israel. Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het tydens ’n bekendstellingseremonie van die land se tweede internasionale lughawe gesê dat Israel nou meer toeganklik vir internasionale vlugte is. Hierdie nuwe lughawe sal geriefliker wees vir besoekers en inwoners van die suidelike deel van Israel. (Foto: JINI, Xinhua)

Amerika se Frances Tiafoe speel ’n handrughou teen Spanje se Rafael Nadal in hul kwarteindronde wedstryd van die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne, Australië. (Foto: Andy Brownbill, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.