Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Hondurese migrante maak gereed om terug te keer Guatemala toe nadat honderde migrante vandeesweek die suidelike deel van Mexiko binnegekom het. (Foto: Moises Castillo, AP)

Tennys Sandgren van die VSA se reaksie tydens die tweede ronde van die enkelspelwedstryd teen die Italianer, Matteo Berrettini, by die Australiese Ope-tenniskampioenskap in Melbourne, Australië. (Foto: Andy Wong, AP)

Eva Umlauf, wat op twee jaar oud uit Auschwitz bevry is, poseer vir ʼn foto in München, Duitsland. Sy het geen bewuste herinneringe uit haar vroeë kinderjare in die Nazi-doodskamp nie, maar tog het die nagmerrie-ervaring ʼn donker skaduwee oor haar hele lewe laat val. (Foto: Matthias Schrader, AP)