Die wêreld in foto’s – 22 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Toeskouers kyk na die bekendstelling van die Indiese navorsingsorganisasie se poolsatelliet-lanseringsvoertuig. Indië het pas ʼn rekordgetal van 20 satelliete op een vuurpyl van die suidelike ruimtehawe van Sriharikota suksesvol afgevuur. Foto: Xinhua/Stringer(lyi)/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Hierdie beeld is op die Twitter-blad van Nusra Front, wat gekoppel is met Sirië se al-Kaïda, geplaas. Die beeld wys Nusra Front-vegters wat vorentoe beweeg om te veg teen Siriese-troepe en pro-regering gewapendes by Khalsa in Suid-Aleppo. Die Arabiese skrif lees: “Jihadiste op pad na die Khalsa-dorpie.” Foto: Al-Nusra Front Twitter-blad via AP/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die Japanse eerste minister Shinzo Abe gee ondersteuners ʼn high-five tydens ʼn verkiesingsveldtog vir sy regerende Liberaal Demokratiese Party in Koriyama in die Fukushima-prefektuur. Japan se parlementêre verkiesingsveldtog het Woensdag afgeskop in die eerste landwye stemming nadat die stemouderdom verlaag is van 20 tot 18. Foto: Kyodo News via AP/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Russiese President Wladimir Poetin neem deel aan ʼn kransleggingseremonie by die graf van onbekende soldaat in Moskou, Rusland, ter herdenking van die 75ste herdenking van die Nazi-inval van die Sowjet-unie. Foto: Grigory Dukor/Pool photo via AP/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Familie treur oor die verlies van familielede wat dood is in die selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan. Die Nepalese regering het ʼn vliegtuig na Afganistan gestuur om die oorskot van 12 Nepalese burgers huis toe te bring. Foto: Xinhua/Pratap Thapa via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van die Cleveland Cavaliers terwyl hulle wag vir die parade van die NBA-basketbalspan. Die Cavaliers het geskiedenis gemaak deur die Golden State Warriors in die NBA-finaal te klop en só die stad se 52 jaar sonder ʼn professionele kampioen te beëindig. Foto: Tony Dejak/AP via wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Pous Franciskus poseer vir foto’s saam met lede van die Giostra del Saracino, ʼn groep van Arezzo wat die antieke ridderkuns laat herleef, ná sy weeklikse oudiënsie in die Vatikaan. Foto: Fabio Frustaci/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Noord-Koreaanse man en vrou loop onder ʼn muurskildery met ʼn boodskap wat lui “Lank lewe die groot oorwinning van die weermag eerste- beleid” in die middestad van Wonsan, Noord-Korea. Foto: Wong Maye-E/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Akteurs geklee in antieke kostuums tydens ʼn offerseremonie in die tempel van Fu Xi in Tianshui. Meer as 100 000 Chinese van regoor die wêreld het die seremonie bygewoon om hulde te bring aan Fu Xi, ʼn kulturele held in Chinese legendes en mitologie en wat glo die die uitvinder van skryf, visvang en jag is. Foto: Xinhua/Chen Bin via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Brittanje se koningin Elizabeth en prins Philip arriveer by vanjaar se internasionale sakefees by die uitstalsentrum in Liverpool. Die koningin is tans op besoek aan dié Britse stad. Foto: Peter Byrne/ wire.africannewsagency.com

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.