Die wêreld in foto’s – 22 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Alan Forsyth van Skotland Donderdag in aksie tydens ʼn hokkiewedstryd teen Korea in die hokkiewêreldliga vir mans in Londen. Foto: Nigel French, AP

Die jaarlikse monsoen-seisoen in Indië – wat gewoonlik duur van Junie tot Oktober – het vandeesweek oorstromings in Gauhati tot gevolg gehad. Foto: Anupam Nath, AP

Afgaanse veiligheidsbeamptes Donderdag op die terrein in dié land se Helmand-provinsie ná ʼn aanval waarin minstens 15 mense dood en 50 beseer is. Volgens ʼn plaaslike bron was daar ʼn ontploffing by ʼn bank in Lashkar Gah gevolg deur ʼn skietery. Foto: Abduz Aziz Safdari, Xinhua

Inwoners van Manila in die Filippyne Donderdag aan’t snuffel op soek na herbruikbare materiaal ná ʼn verwoestende brand wat die afgelope week in die omgewing gewoed het. Meer as 100 hutte is in die brand vernietig en meer as 200 gesinne is dakloos gelaat. Foto: Rouelle Umali, Xinhau

Betogers Donderdag besig om buite die kantoor van die departement van binnelandse sake in Athene aan te dring dat die Griekse regering vir munisipale werkers wat korttermynkontrakte het of wie se kontraktermyne amper uitgedien is, permanente kontrakte moet aanbied. Foto: Petros Giannakouris, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.