Die wêreld in foto’s – 22 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kanada se Kaitlyn Weaver en Andrew Poje lewer hulle ysdans-uitvoering gedurende die ISU Wêreld Figuurskaatskampioenskappe by Saitama Super Arena in Saitama, noord van Tokio. (Foto: Andy Wong, AP)

’n Duif vlieg in die vroeë oggendmis na die boog van die Parc du Cinquantenaire in Brussel. Die park is die tuiste van die Koninklike Militêre Museum. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Kambodjane op pad om ʼn sooispitseremonie by te woon om die land se eerste snelweg te bou in die Kampong Speu-provinsie, suid van Phnom Penh in Kambodja. Die konstruksie van die snelweg het Vrydag amptelik begin te danke aan finansiering van Sjina. (Foto: Heng Sinith, AP)

Voetgangers loop op die randjie van ’n ineengestorte brug in Nhamatanda, ongeveer 100 km wes van Beira in Mosambiek. Talle mense is dood en baie word steeds vermis nadat sikloon Idai Mosambiek, Malawi en Zimbabwe getref het. (Foto: Thamba Hadebe, AP)

Die volmaan agter ’n gebou in die middestad van Tulsa, Oklahoma. (Foto: Charlie Riedel, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.