Die wêreld in foto’s – 22 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Alexander Zverev van Duitsland in ekstase ná hy vir Novak Djokovic van Serwië oorwin het tydens die Italiaanse Ope-finaal in Rome, Italië. Foto: Jin Yu, Xinhua

ʼn Vrou sus haar kind aan die slaap terwyl sy ʼn mangat in Mumbai, Indië, skoonmaak. Ongeveer 800 miljoen mense in dié land leef in armoede en verhuis na stede vir werk. Foto: Rafiq Maqbool, AP

Vlieërplankryers gebruik groot vlieërs om hulle hoog die lug in te skiet by Christchurch, Nieu-Seeland. Foto: Mark Baker, AP

Sokkerspelers van Real Madrid kom aan in Cibeles ná die span as kampioen van die Spaanse La Liga-sokkertoernooi in Madrid gekroon is. Foto: Francisco Seco, AP

Die sangeres Celine Dion tree op tydens die Billboard Music Awards in Las Vegas, VSA. Foto: Chris Pizzello, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

Genade, Celine Dion se rok lyk soos die heks se rok in ‘n kindersprokie!

B ·

Ja, ek wou net sê ek is bly ek hoef nie SO ver te gaan om aandag te kry nie.

Uvonka ·

Nee onse genade, van altyd stylvol na heeltemal oordadig! My heart will not go on!!!!

Katryn ·

Ag nee!! Julle is net jaloers!! Sy is pragtig! En sing verskriklik mooi! Onthou: sy is ‘n show girl!! En mag maar aandag trek!!

Ai ·

Vergeet Celine Dion se cream puff moue, dit lyk of daai baba soos n piñata geslaan word, nie gesus nie. Kyk hoe skree die arme kind.

Sê ek ook ·

Ek stem volkome saam. Daardie baba huil sy/haar longe uit :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.