Die wêreld in foto’s – 22 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Soos talle ander geleenthede is studente se gradeplegtighede uitgestel weens dié pandemie.

In ʼn poging om die verspreiding van die virus hok te slaan en nietemin dié belangrike dag te vier is kreatiewe gradeplegtighede wêreldwyd uitgedink.

Só lyk van dié spoggeleenthede.

Leerders groet mekaar in die skool se parkeerterrein voor hul motorparade-diplomaplegtigheid wat deur gemeenskapslede gereël is in Maryland, VSA. (Foto: Susan Walsh, AP)

Hoërskoolleerders behou hul afstand tydens hul diplomaplegtigheid in Texas, VSA. (Foto: Tony Gutierrez, AP)

Leerders staan ver van mekaar tydens hul diplomaplegtigheid in Alabama, VSA. (Foto: Jay Reeves, AP)

Mauricio Marquez, skoolhoof van die Odessa-hoërskool in Texas, VSA, oorhandig ʼn diploma aan ʼn leerder. (Foto: Ben Powell/Odessa American, AP)

ʼn Robot met ʼn foto van ʼn leerder se gesig op ʼn tablet tydens ʼn kuber-diplomaplegtigheid by ʼn skool in Manila. Dié leerder is een van 179 Filippynse hoërskoolleerders wat aan dié plegtigheid deelgeneem het. (Foto: Aaron Favila, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.