Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Spoorlyne in Indië, wat wel afgeleë plekke in dié uitgestrekte land verbind, eis jaarliks die lewe van meer as 15 000 mense. Dié spoorlyne wat dateer van die Britse heerskappy so ver terug as 160 jaar gelede, is verouderd en die sinjale en kommunikasiestelsels laat veel te wense. Die volume pendelaars is groter as wat Indië se spoornetwerk kan hanteer. Dié foto is vroeër vanjaar geneem in Hyderabad. Foto: Mahesh Kumar, AP

ʼn Polisiebeampte ondersoek ʼn sekuriteitsvoertuig ná ʼn ontploffing in Peshawar waarin minstens drie veiligheidsbeamptes dood is. Vyf mense is in dié ontploffing in die noordweste van Pakistan beseer. Foto: Umar Qayyum, Xinhua

Libanese soldate in gelid tydens ʼn militêre optog Dinsdag in Beiroet ter viering van die land onafhanklikheid. Libanon het in 1943 onafhanklikheid van Frankryk bekom. Foto: Bilal Hussein, AP